Hier auch später erschienene, unveränderte Nachdrucke
Die Dursleys is die hele somer lank so gemeen en aaklig dat Harry Potter nie kan wag om terug te gaan na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery nie. Terwyl hy sy tasse pak, verskyn Dobbi, 'n eienaardige huis-elf in sy kamer. Dobbi het hom kom waarsku om nie weer terug te gaan na Hogwarts nie -- vreeslike dinge gaan daar gebeur. En vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Daar is die opgeblase nuwe professor, Gilderoy Lockhart, 'n dwalende gees met die naam Katrina Kermkous wat in die meisies se kleedkamers bly, en die onwelkome bewondering van Ginny, Ron Weasley se kleinsus. Maar al hierdie probleme vervaag soos mis voor die son toe die ware probleem uiteindelik sy kop uitsteek. Iemand, of iets, is besig om Hogwarts se skoliere een vir een te versteen. En almal verdink vir Harry Potter! Wenner van die National Book award en Gold Medal Smarties award.